“Brand New Day” is Janine Fourie, bekende kunstenaar van die Tuinroete, se nuutste enkelsnit. 

Hierdie treffende lied is geskryf deur Pierre Rossouw en was een van die pryse wat Janine gewen het (skryf, opname & musiekvideo) tydens die “Underdog” Sangkompetisie, aangebied deur Maverix Musiek in Hartenbos einde Desember 2018.

In haar eie woorde vertel sy: 
“Hierdie liedjie herinner my aan die werklikheid dat elke dag ‘n splinternuwe begin is…alhoewel mens nie jou verlede kan verander nie, kan ons kies om net vorentoe te kyk en beter te doen!”

Janine Fourie is ‘n sanger en musikant van Oudtshoorn. Sy reis gereeld in en om die Tuinroete met optredes en leef so haar passie daagliks uit. 

Janine het besluit om haar passie te begin uitleef in 2010. Sedert sy dié brawe stap geneem het, was sy al by verskillende projekte betrokke en het in Oktober 2017 haar solo loopbaan offisieël begin. 

Hierdie belowende kunstenaar was ook Oudtshoorn se Wenner vir Showville in 2015 en is elke jaar te sien by die KKNK. 

Janine vermaak met verskeie instrumente, onder andere die Ukulele en die Trekklavier wat kleurvol pronk by haar vertonings. Sy pen ook graag haar eie liedjies en vind inspirasie in gewone daaglikse dinge en lewens seisoene. 

Kyk die musiekvideo hier:
https://youtu.be/390LaTGAzOM

Meer van haar musiek is beskikbaar op digitale platforms:
Itunes, Google play, Spotify ens.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

* Instagram
* Facebook
* Twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *